Die Skoorsteentjie

Die Skoorsteentjie op Vanrhynsdorp is ’n familie-onderneming wat streef daarna om puik diens in die gemeenskap en aan besoekers te lewer. Hulle probeer graag, as hulle kan, om daardie ekstra myl vir jou te stap. Geskenke, eetgoed, boeke is alles by die Skoorsteentjie te kry. As hulle dit nie het nie, maak hulle dit vir jou. Die Skoorsteentjie bied ook ‘n geskenktoedraai-diens, maak spesiale geskenkpakke op, maak partytjie-borde met eetgoed, en sal tot jou groot verjaardag of troue reël as jy vra. Maak ’n draai by hierdie vriendelike plekkie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?