Die Namakwadwergadder

Namakwaland het 44 reptielspesies waarvan die Namakwadwergadder onder die mees bedreigde is van almal.

 

Die Namakwadwergadder is die wêreld se kleinste adder en word gemiddeld 200 mm lank. In Engels staan die slang bekend as die Namaqua Dwarf Adder.

 

Die slang is grysbruin met vlekke en is dus goed gekamoefleer. Dit is meestal snags aktief en bak soggens in die son. Die slang grawe hom soms ook onder die sand in. Dit vreet akkedisse. Daar kan tot sewe kleintjies op een slag in die somer voortgebring word.
Sy gif hou geen gevaar vir die mens in nie. Die slang word langs die kus van Klein-Namakwaland tot by Lüderitzbaai in Namibië aangetref.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?