Die lekkerste Hantam-vleis wat jou Kersmaal een sal maak om te onthou

Vir die meeste van ons is die einde van die jaar sinoniem met Kerstyd of Nuwejaar. Dis dié tyd van die jaar wanneer almal ekstra moeite doen met maaltye en weglê aan geliefkoosde, tradisionele geregte.

Maak seker jou kookvernuf is op sy beste met hoë gehalte vleis. Daar is ’n verskeidenheid vleissoorte en Kerskos wat die winkelrakke laat kreun, maar weinig vleissnitte en -soorte kan kers vashou by Nieuwoudtville Slaghuis se gehalte en verskeidenheid. Van peuselhappies soos oepsies, kaaswors en biltong tot hul bekende tradisionele boerewors, Hantam-skaapvleis en sappige biefstuk.

Theunis Kotzé, eienaar van Nieuwoudtville Slaghuis, sê dat hy vanjaar weer uitsien na sy ma, Erika Kotzé, se tradisionele skaapskenkelpastei op hul Kerstafel. Dié gereg word steeds voorberei soos die Kotzé-familie geslagte gelede gedoen het.

Skaapskenkelpastei

Vulsel:
Kook 2 kg skaapskenkels in water met 2 teelepels sout tot sag. Hou 250 ml van die aftreksel eenkant. Ontbeen en sny die vleis in stukkies. Voeg 1 eetlepel kookolie in ’n pan en braai een gekapte ui tot ligbruin. Voeg vleis by en braai tot bruin. Voeg aftreksel by.

Meng 2 eetlepels koekmeel, ’n halwe pakkie sampioensoppoeier en ’n koppie melk in ’n klein potjie. Voeg een blik sampioene en 10 ml matige mosterd by en prut liggies vir 5 minute. Haal van die stoof af en voeg 1 koppie gerasperde kaas by. Geur met sout en peper. Meng die sous met die vleismengsel en skep die vulsel in ’n oondbak.

Kors:
Meng ’n halwe koppie melk, ’n halwe koppie sonneblomolie, 1 eier, 200 ml koekmeel; 10 ml bakpoeier en sout. Skep die kors bo-op die vleis en sprei dit uit tot teen die kante. Pak gesnyde uieringe bo-op. Bak die pastei by 180 grade Celsius vir 20 minute. Bedien warm. Hierdie heerlike pastei lewer agt porsies.

Hoekom begin jy nie sommer nou reeds oefen aan die gereg nie? Besoek of kontak sommer vandag nog Nieuwoudtville Slaghuis vir bobaas vleis en lekker wenke vir die kombuis. Volg hulle op Facebook (@nieuwoudtvilleslaghuis), Instagram (@nieuwoudtvilleslaghuis) of Twitter (@nieuwoudtSlag) of besoek hul webtuiste by www.nieuwoudtvilleslaghuis.com.

  

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?