Die Keldery se kraffiewyn-aand

Die Keldery is een van die gewildste restaurante in die Matzikama-streek wat bekend is vir hul gasvryheid en vir die lekkerste geregte wat voorberei word. Die restaurant het een van die mooiste uitsigte wat jou halsoorkop verlief op die Matzikama-streek sal laat. Die Keldery is die amptelike proelokaal vir Namaqua-wyne en is geleë by die Spruitdrift Wynkelder net buite Vredendal, sowat 300 km van Kaapstad af.

Spesiale aanbiedinge by Die Keldery dra by tot die onvergelykbare ervarings wat Die Keldery se venue bied. Heerlike kos, saam met wyne van die beste gehalte, wag vir jou langs ’n onvergeetlike uitsig op die Maskamberg.

Die Keldery het elke Donderdagaand van 19:00 tot 22:00 ’n spesiale aanbieding. Op Donderdag, 16 November, is die spesiale aanbieding R110 per persoon en jy kan uitsien na liplekker beef schnitzel met skyfies en slaai en ook ’n kraffie wyn. Om jou tafel te bespreek vir die spesiale aanbiedinge, kontak Die Keldery by 027 213 3699. Bring jou familie en vriende saam en geniet die aand uit saam met hulle.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?