Die Keldery die perfekte venue vir jaareindfunksies

Aan die einde van ’n lang werkjaar wil elke persoon net rustig wees, die laaste paar dae voor Kersfees geniet en vir die laaste keer gesellig saam met kollegas verkeer voor elkeen met vakansie gaan. Die Keldery net buite Vredendal is die perfekte plek vir julle jaareind-funksie – jy en jou kollegas kan hier kom ontspan ná ’n jaar van harde werk.

Indien jy dalk op soek is na ’n venue vir jul jaareindfunksie, kan jy gerus Die Keldery kontak. Die personeel sal al die reëlings namens jou tref en sal ’n spyskaart uitwerk en aanmekaarslaan volgens elke groep se keuse. Julle het ook ’n keuse van verskillende wynsoorte om van te kies, want wat is ’n jaareindfunksie sonder lekker drankies wat jy kan geniet.

Die Keldery, geleë by Spruitdrift Wynkelder, is die toerismesentrum van Namaqua Wyne en is ook die amptelike proelokaal vir Namaqua-wyn. Die pragtige restaurant het een van die mooiste uitsigte wat jou halsoorkop verlief op die Matzikama-streek sal laat.

“Elke funksie wat ons reël is iets anders en iets opwindend, en ons doen ons bes om aan elke persoon se behoeftes te voldoen. Al wat jy moet doen is om ons te kontak vir kwotasies sodat ons iets vir jou kan uitwerk. Ons hou nog funksies tot en met 16 Desember, waarna ons dan fokus op toeriste” sê Adri Coetzee, restaurant- en funksiekoördineerder.

Die Keldery is nie net die perfekte venue vir jaareindfunksies nie, maar is ook elke dag oop indien jy dalk op soek is na smullekker geregte om te geniet. Daar is die lekkerste kombinasies teen heel billike pryse.

Vir ontbyt is daar byvoorbeeld die heerlikste plaatkoekies gestapel met spek, piesang en esdoringstroop teen slegs R52. Ligte maaltye sluit in ’n geroosterde tramezzini gevul met spinasie, tamatie, mozzarella en basil pesto vir ’n ongelooflike R35.

Die gemengde seekospasta met ’n suurlemoen- en witwynroomsous teen R105 is altyd ’n treffer. Vir vleisliefhebbers is daar beesfillet (200g), kruisskyf (300g), T-been (500g vir net R136) en die gewilde mixed grill vir R149.

Mandjie met verskillende happies soos kaasworsies, samosas, hoenderrepies, aartappelskyfies en vele meer (van R49 – R58) is ook op die spyskaart. Dis veral lekker as jy wil deel.

“Die kos en musiek is altyd uit die boeke en van hoogstaande gehalte, ek sal Die Keldery en hul personeel definitief vir enigeen aanbeveel,” skryf Patricia op TripAdvisor.

“Wonderlike atmosfeer en heerlike kos. Sal Die Keldery definitief weer besoek,” Rene op TripAdvisor.

“Puik diens. Sal Die Keldery Restaurant vir enigeen aanbeveel. Baie lekker kos en wyn,” Sumari op TripAdvisor.

Die tye wat Die Keldery op weeksdae oop is, is as volg:
Maandae tot Saterdae – 09:00 tot 17:00
Donderdae – 19:00 – 22:00

Om ’n bespreking te maak vir ’n jaareindfunksie of enige ander funksie, skakel gerus 027 213 3699 of stuur ’n e-pos na diekeldery@namaquawines.com. Besoek ook Die Keldery se Facebook-blad by www.facebook.com/diekelderyrestaurant/, volg Die Keldery op Instagram by @diekeldery of op Twitter by @DieKeldery.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?