Die beste tye om te eet

Dit is baie belangrik om reg te eet en te weet wanneer om te eet. Mens se liggaam het kos nodig om te funksioneer. Hier volg die regte tye wat jy veronderstel is om te eet.

Ontbyt:

Die beste tyd om ontbyt te eet is van sewe- tot agtuur in die oggend en nie later as tienuur nie. Ontbyt is die belangrikste maaltyd van die dag want dit gee jou brein en liggaam die nodige energie wat jy nodig het om reg te funksioneer voor die dag begin.

Middagete:

Middagete is ideaal om so vier ure ná ontbyt te eet om jou bloed suikervlakke en honger in stand te hou. Die beste tyd om te eet is smiddae tussen twaalf- en twee-uur en nie later as drie-uur nie.

Aandete:

Dit is belangrik om aandete te eet minstens twee ure voor jy gaan slaap, sodat jou liggaam genoeg tyd het om die kilojoules te verbrand en jou brein af te skakel. Die beste tyd om saans te eet is tussen ses- en agtuur en nie later as nege-uur nie

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?