Chris Barnard word herleef in: Hartstog

3 Desember 2017 sal dit presies 50 jaar gelede wees dat Chris Barnard die heel eerste suksesvolle hartoorplanting in die wêreld voltooi het. Ter nagedagtenis hieraan is Deon Opperman genader om ’n rolprent daaroor te skryf en te verfilm.

Deon Opperman, die man agter die lens, is opdrag gegee om ’n rolprent te vervaardig wat handel oor die 24 uur net voor en na dié belangrike operasie.

Opperman sê die soektog na inligting vir die fliek het hom geweldig geraak aangesien hy nooit geweet het hoeveel diepte daar aan die verhaal is nie. Nie net het Louis Washkansky (53) die kans gekry op ’n tweede lewe nie, maar ’n gelukkige gesin is verskeur deur die dood van ’n jong dame met die naam van Denise (25).

Die rolprent gaan fokus op die waardes, die hartseer, hoop, dood en lewe van hierdie gebeure en gaan dieper delf in die ware verhaal wat binne etlike minute gebeur en besluit is.
Russel Savadler, Quinne Brown, Carel Nel, Corrine Broomberg en Caitlin Kilburn is maar net ’n paar van die groot name wat hierdie hartroerende verhaal vertolk.

Die film gaan op dieselfde dag as die herdenking, 3 Desember, vrygestel word.
Maak seker jy boekmerk hierdie spesiale uitsending op kykNET (DStv – kanaal 144).

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog nuus en artikels besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?