CAB Vredendal se hoenderbraai-fondsinsameling

Die Christelike Afhanklikheidsbediening (CAB) op Vredendal is ʼn Christelike kerkgroep wat sober gemeenskappe bevorder. Die groep het op Saterdag, 27 Mei, braaiborde verkoop teen R50 per bord voor die Griekwa-kerk op Vredendal-Noord.

 

Hierdie braaibord-verkope is gehou om geld in te samel vir vervoerkoste om CAB se veertigste bestaansjaar en nasionale kongres op Tulbagh by te woon. Dit sal van 29 September tot 1 Oktober plaasvind.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?