Brandstofprys kan in Mei weer skerp styg

Die pryse van brandstof sal na verwagting in Mei skerp styg. Volgens die jongste inligting van die Departement van Energie wat vanoggend bekend gemaak is, kan die prys van petrol 93 (ULP & LRP) in Gauteng op Woensdag, 3 Mei, moontlik met 45,4c per liter en die prys van diesel met ’n 0,005% swaelinhoud moontlik met 32,6c per liter styg.

Die belangrikste redes vir hierdie verwagte prysstygings kan hoofsaaklik aan die verswakking in die gemiddelde R/$-wisselkoers oor die tydperk van 31 Maart tot 24 April toegeskryf word. Hoewel die daaglikse wisselkoers sedert die middel van April aansienlik tot om en by R/$13 versterk het, het die gemiddelde wisselkoers oor dieselfde tydperk net tot R/$13,53 verbeter.

 

Dit is gevolglik nog heelwat swakker as die gemiddelde wisselkoers van R/$12,90 waarop die prysveranderings vir April bereken was. Hierdie verswakking in die gemiddelde R/$-wisselkoers het ’n styging van 26,1c per liter in die petrolprys en 25,6c per liter in die dieselprys vir volgende maand veroorsaak.

Die styging in die gemiddelde internasionale pryse van petroleumprodukte as gevolg van die hoër ru-olieprys oor die afgelope maand het verdere stygings van 19,3c per liter in die petrolprys en 7,0c per liter in die dieselprys veroorsaak.

Bron: ProAgri

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?