Bouwer Bosch se nuwe musiekvideo slaan asems weg!

Bouwer Bosch het pas sy nuwe musiekvideo vir sy enkelsnit, Verby, bekend gestel en dit beïndruk gewis!

Kyk die video hier: www.youtube.com/watch?v=zPxiSbPH2Jg

“Verby gaan oor wanneer jy wil handdoek ingooi en wegstap uit ’n verhouding omdat jy dink konflik is die einde van julle liefde, maar eintlik is dit juis wanneer mens met mekaar baklei, dat jy vír mekaar baklei”, sê Bouwer.

Die video is oor twee dae in Witsieshoek in die Drakensberge geskiet. Witsieshoek is so plus minus 400 km buite Johannesburg en Brendan Barnes (ook vervaardiger van die nuutste Matthew Mole-video) was die kinematograaf en regisseur van die video.

Bouwer vertel: “Ons het ‘n baie swaar Rhodes-klavier teen ’n berg opgedra en seker gemaak ons kry die mooiste skote soos wat die son sak. Die volgende oggend was ons weer 5h00 op die berg om die sonsopkoms te vang. Ons wou vir iets simplisties gaan met hierdie video, iets wat ek nog nie gedoen het nie. Gewoonlik het my video’s storielyne met karakters, maar hierdie keer wou ek dit skoon en basies hou. Die proses was vir my anders omdat ek gewoonlik al my video’s self doen. Dit was lekker om vir ’n verandering by iemand anders te leer!”

Verby is ook beskikbaar op sy album, Hopelik, wat vroeër vanjaar vrygestel is. Die album het ’n nuwe klank met ’n meer elektroniese, opgewekte aanslag. Dit wyk egter nie heeltemal af van die digterlike alternatiewe styl waarvoor Bouwer bekend is nie.

Sosiale media skakels:
Facebook: https://www.facebook.com/bouwerbosch/
Twitter: @BouwerBosch
Instagram: @bouwerbosch
Webblad: www.bouwerbosch.co.za

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?