Bokhaarmarkverslag

Die openingsveiling van die somer verkoopseisoen het ten spyte van ‘n sterker rand en die gemengde aard van die aanbieding, bestendig verloop. Somer kleinbokkiehaar was nie kwoteer nie weens beperkte volumes en die negatiewe invloed van die voortgesette droogte op beide kwaliteit en lengte. Die rand het met 3.5% teenoor die Amerikaans Dollar versterk en teen R13.15 verhandel. Stabiele aanvraag van kopers het daartoe gelei dat die gemiddelde markaanwyser met 1.0% tot R186.85/kg gestyg het. Winter kleinbokkiehaar het met 4.8% teruggesak tot R264.62/kg terwyl winter jongbokhaar met 0.3% laer gesluit het op R220.34/kg. Sterk grootbokhaar het met 0.6% tot R174.20/kg gestyg terwyl fyn grootbokhaar met 0.6% teruggesak het tot R197.40/kg

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?