Boerbokke kan hier floreer

Die boerbok is in sy geskiedenis vreeslik suksesvol as ’n kleinvee-ras. Te danke aan selektiewe telers in Suid-Afrika kan die boerbok in amper elke land in die wêreld gevind word. Die beste gene vir die boerbok is egter nog steeds in Suid-Afrika. Die teelstandaarde vir die res van die wêreld word steeds in Suid-Afrika bepaal.

Die Suid-Afrikaanse boerbok word oral erken as die maatstaf vir vleisproduserende bokke dwarsoor die wêreld. Kommersiële boere is die beginpunt van die ontwikkeling en verbouing van hierdie sterk en aanpasbare vleisbok-ras wat die wêreld verander het.

Die Matzikama-omgewing is veral geskik vir boerbok-boerdery. Die bokke pas baie maklik in die omgewing aan en al is dit nie die beste reënjaar nie, vind hulle altyd ’n manier om voedsel in die hande te kry.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?