Boer Soek ’n Vrou: die top vyf is bekend

Die top vyf boere van die tiende seisoen van die gewilde kykNET-werklikheidsreeks, Boer Soek ’n Vrou, is Donderdagaand bekend gemaak.

Kykers kan solank nader skryf om in die volgende paar weke Jacques, Johan, Adriaan, Ruan en Braam se liefdesreis op die kassie te volg.

Leek ook: Tiende seisoen van Boer Soek ’n Vrou is Groter, Beter, Boer
Die eerste drie episodes in dié reeks het ’n terugblik op vorige jare se reekse gebied en wat die stand van sake is van dié boere se liefdeslewe. Die vervaardigers van die reeks beveel alle kykers aan om tot 25 Januarie die reeks te volg aangesien “alle verwagtinge oortref gaan word”. Die tiende seisoen van Boer Soek ’n Vrou het op 12 Oktober op kykNET afgeskop. Berig verskaf deur Sterre. Vir nog opwindende nuus en artikels besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?