As bobaasbraaier kort jy bobaasbraaivleis dié somer

Om te braai is tweede natuur vir meeste Suid-Afrikaners. Of die son nou skyn of effens weggesteek is, dis altyd die perfekte weer om ’n vuurtjie aan te steek. Dit maak egter nie saak hoe goed jy braai nie; ’n taai stuk vleis komplementeer nooit ’n goeie braaier nie. Dit is hoekom jy die heel beste vleis nodig het vir jou bobaasbraai hierdie somer.

Maak seker jou standaarde daal nie en koop topgehalte braaivleis by Nieuwoudtville Slaghuis. Hulle streef daarna om jou die beste gehalte te verskaf teen bekostigbare pryse. Nieuwoudtville Slaghuis is veral bekend vir hul sappige Bokveld-lam, boerewors (volgens ’n familieresep) asook hul sagte biefstuk.

Theunis Kotzé, eienaar van Nieuwoudtville Slaghuis, sê dat hulle jou die heel beste vleis in die hele Boesmanland, Namakwaland en Hantam verseker. Een van Theunis se gunsteling braai-bykosse is ’n braaibroodjie-braaipastei.

Braaibroodjie-braaipastei

Bestanddele:
2 rolle skilferkorsdeeg
60 ml blatjang
250 g kaas
2 uie in skywe gesny
2 groot tamaties in skywe gesny
sout en peper

Metode:
Spuit jou rooster met kleefwerende kossproei of smeer ’n bietjie kookolie aan die rooster om te keer dat die deeg vassit.
Rol die eerste rol deeg op die rooster uit op ’n plat oppervlak.
Smeer die blatjang eerste op die deeg, plaas die kaas, gevolg deur die uie en tamaties bo-op.
Geur met sout en peper na smaak.
Plaas die tweede rol deel bo-op en druk die rante goed vas sodat die vulsel nie uitval nie.
Braai oor stadige kole totdat die deeg goudbruin en bros is aan beide kante.

Hoekom begin jy nie sommer nou reeds oefen aan die gereg nie? Besoek of kontak sommer vandag nog Nieuwoudtville Slaghuis vir bobaas vleis en lekker wenke vir die kombuis. Volg hulle op Facebook (@nieuwoudtvilleslaghuis), Instagram (@nieuwoudtvilleslaghuis) of Twitter (@nieuwoudtSlag) of besoek hul webtuiste by www.nieuwoudtvilleslaghuis.com.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?