Bloedskenkdag op Vredendal

Daar sal vandag (8 November) tussen 13:00 en 19:00 by die Vredendal-Suid sportsaal geleentheid wees om bloed te skenk. Jy kan beslis ’n lewe of drie red deur jou bloed te gaan skenk, aangesien daar steeds ’n tekort aan bloed in Suid-Afrika is. As jy onseker is of jy ’n skenker wil word of wil weet wat dit behels, kan jy die volgende inligting deurgaan.

Om ’n bloedskenker te word, moet jy aan die volgende kriteria voldoen:

• Tussen die ouderdomme van 16 en 65 te wees.
• Meer as 50 kg weeg.
• Gesond wees.
• ‘n Veilige seksuele leefstyl lei.
• Bereid wees om ander te help.

Jy kan egter nie bloed skenk as jy verkoue of enige verkoue-simptome het of antibiotika neem nie, in die afgelope ses maande ’n operasie gehad het of een in die volgende ses weke gaan hê nie. Jy kan ook nie skenk as jy swanger is of in die afgelope drie maande ’n baba gehad het nie.
Indien dit jou eerste keer is wat jy gaan bloed skenk, laat weet die personeellede dat jy ’n nuwe bloedskenker is, sodra jy by die bloedskenk-lokaal aankom.

Dit is egter belangrik om binne drie tot vier uur voor jy bloed skenk, te eet en baie vloeistowwe in te neem. Jy moet ook jou identiteitsdokument of jou skenkerskaart saam met jou neem as jy wil gaan bloed skenk.

Vir meer inligting en besonderhede, kan jy die WP Bloedoortappingsdiens se webwerf by www.wpblood.org.za besoek.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?