Biltongmuffins

As jy lus is vir muffins maar jy weet nie watter soort om te maak nie moet jy gerus hierdie smullekker biltongmuffin-resep wat jy kan probeer. Die resep lewer 12 muffins.

Bestanddele:
1 koppie koekmeelblom
1 koppie volkoringmeel
1 koppie fyn biltong
1 teelepel sout
1 teelepel mosterdpoeier
4 teelepels bakpoeier
½ koppie gerasperde cheddarkaas
200 ml karringmelk
3 eiers
100 ml sonneblom- of canola-olie

Metode:
Meng al die droë bestanddele saam in ’n groterige mengbak. Klits die karringmelk, eiers en olie saam en voeg by die droë bestanddele. Roer tot net-net gemeng. Plaas papierhouertjies in die bakkies van ’n gesmeerde 12-gat-muffinpannetjie en skep die deeg daarin. Bak vir 15 – 20 minute in ’n voorverhitte oond van 200˚C. Laat dit ’n paar minute in die pannetjie afkoel voordat jy dit op ‘n draadrak uithaal om heeltemal af te koel.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?