Biblioteekweek in oorsig

Nasionale Biblioteekweek het vanaf Saterdag, 18 Maart tot Saterdag 25 Maart 2017 plaasgevind. Alle biblioteke rol gedurende die tyd bewusmakingsprogramme uit. Eureka Biblioteek het die kinders van Sonskyn Speelkring en Wielie Walie bederf met eetgoed, gesigverf en verskeie opvoedkundige programme.Jacky Keyster van Troe Troe biblioteek van Vanrhynsdorp het al die gesiggies geverf. Raadslede Hennie Nell en Monica Ncgoba het ook gedeel in die jongspan se pret. Die middag het die kadette onder leiding van Ettienne Matwan en Sersant Barnard ‘n vertoning gelewer. By die Vredendal-Suid biblioteek is ‘n demonstrasie aangebied deur Anina Nortier Balie van EMS. Die kinders het dit vreeslik geniet. Hierna het elkeen ‘n geskenkpakkie ontvang. Danie Lubbe, die munisipale bestuurder het tydens sy kort toepraak bevestig dat hy biblioteke as prioriteit ag vir Matzikama en dat lees ‘n belangrike bousteen is in die opvoeding van ons kinders.

Bron:Matzikama Munisipaliteit

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?