Vakante betrekkings

Vergenoeg Primêr, geleë in Vredendal-Noord, benodig die hulp van drie onderwysers.

Die eerste pos word benodig vir die intermediêre fase. Dit is ’n kontrak-betrekking vir Engels en lewensvaardighede vir graad 5. Die tydperk van die pos is van 1 Januarie tot 31 Desember 2018.

Die tweede pos word ook benodig vir die intermediêre fase. Die kontrak-betrekking is vir wiskunde en NWT vir graad 5. Die tydperk vir hierdie pos is van 1 Januarie tot 31 Desember 2018.

Die derde pos is beskikbaar vir die intersen fase. Dit is ’n kontrak-betrekking vir wiskunde grade 6 en 7. Die tydperk vir hierdie pos is van 1 Januarie tot 30 Junie 2018.

Buitemuurse aktiwiteite is vir al drie poste verpligtend.

Stuur jou CV en afskrifte van kwalifikasies aan:
Per faks: 087 942 3344
Per e-pos: vergenoegps@gmail.com
Jy kan dit ook by die skool self aflewer by Buitekantstraat, Vredendal-Noord.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is op 24 November 2017. Kandidate wat na twee weke niks gehoor het nie, moet aanvaar dat hul aansoek onsuksesvol was.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?