Vakansiewerk by Stellar Winery

Is jy op soek na werk tydens die Desembervakansie? Stellar Winery, net buite Vredendal, het ’n tydelike pos tydens parstyd beskikbaar. Die pos is geskik vir iemand wat onlangs skool klaargemaak het met ervaring in wiskunde, rekenkunde en fisiese wetenskap (verkieslik).

Mededingende vergoeding, afhangende van ervaring word aangebied. Die begindatum vir die pos is op Maandag, 4 Desember 2017.

Indien jy belang stel of meer inligting wil hê, stuur jou CV of vrae aan Klaas Coetzee by klaas@stellarorganics.co.za. Aansoeke sluit op Donderdag, 30 November.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?