By-bestuiwing by skorsies

By-bestuiwing is van kardinale belang as dit kom by die verbouing van rankgewasse. Dit is wel nie die maklikste ding om op jou eie te doen nie en jy sal ’n byeboer moet raadpleeg.

 

Die eerste ding wat jy moet weet is dat die korwe waarin die bye gaan nes maak, tussen vyftig en honderd meter van die land – wat bestuiwing benodig – af moet wees. Die hoeveelheid korwe en bye hang af van die grootte van die land wat moet bestuif word. ’n Baie belangrike ding is dat daar ’n ordentlike varswaterbron naby die land moet wees om die korf af te koel sodat die bye se larwes kan oorleef. Die water wat in die korf is, is ook belangrik om die humiditeit baie hoog te hou, ook vir die larwes se onthalwe.

 

Hoe meer nektaar en stuifmeel daar in die korf is op ’n slag, hoe meer eiers gaan die koningin lê want sy besef dat daar ’n goeie voorraad voedsel in die korf is. Een by besoek honderde vroulike blomme, en hoe meer blomme die bye besoek, hoe meer stuifmeel is daar. Dit belowe die boer ’n baie beter gehalte vrug.

 

’n Baie goeie stukkie raad vir ’n bysteek. Petrol klink wel baie erg om op jou vel te smeer, maar dit is baie goed vir ’n bysteek want dit verdoof die gif en vat die brand weg. Enige middel wat ammoniak bevat is ook ’n goeie manier om die pyn weg te vat wat ’n bysteek veroorsaak.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?