Besoek Yzerfontein

Somer is op pad en almal is op soek na die son en seelug. As jy op soek is na die perfekte plek met uitgestrekte strande, maak seker jy besoek die bekoorlike vakansiedorp Yzerfontein. Yzerfontein is 55 km van Langebaan, 90 km van Kaapstad en 272 km van Vredendal.

Hier is van die redes hoekom jy Yzerfontein moet besoek:

Watersport:
Daar is verskillende watersportsoorte wat jy kan geniet soos hengelsport, seilplank- en branderplankry. Dit is die gewildste sportsoorte wat jy kan doen.

Voetslaanroetes:
Daar is ook verskeie voetslaanroetes wat jy kan stap as jy lief vir die buitelug en graag fiks bly deur die natuur te verken.

Restaurante:
Van die gewildste restaurante wat jy moet besoek op Yzerfontein is Lula’s, dit is ’n Portugese Mediterreense restaurant. Besoek ook Beulah Farm Deli en die Strandkombuis.

Padstalletjies:
Hier is verskeie padstalletjies wat jy kan besoek soos die Weskus Padstal en die Yzervark Bistro waar jy plaaslike produkte kan koop.

Maak Yzerfontein een van die vakansiebestemmings wat jy moet besoek, indien jy ’n vakansie beplan. Vir meer inligting oor die aktiwiteite wat jy kan doen, kontak die Yzerfontein toerismekantoor by 022 451 2985 of besoek hul webtuiste by www.yzerfonteintourism.co.za.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?