Besoek hierdie wynkelders in die Matzikama-streek

Die Matzikama-streek is bekend vir wynkelders wat heerlike wyne produseer. As jy jouself in die Matzikama-streek bevind, moet jy beslis ’n draai by die volgende instansies langs die Weskus-wynroete maak:

Klawer Wynkelder
Klawer Wynkelder is op die N7 geleë en bekend vir hul gehalte wyne. Wyne soos Chenin Blanc, Shiraz, Sauvignon Blanc en Pinotage word by dié kelder gemaak. Hulle bied ’n gratis wynproe by die kelder aan en het ook lieflike groen grasperke waarop jy kan ontspan en ’n bottel wyn geniet. Bespreek vir ’n wynproe-sessie by 027 216 1530 of stuur ’n e-pos na ontvangs@klawerwyn.co.za.

Teubes-wyne
Teubes-wyne spog met ’n verskeidenheid wyne, waaronder rooiwyn wat al vir drie generasies gemaak word. Hulle het heerlike kos en bied ’n verskeidenheid wynproeë aan. Indien jy belangstel om die wyn te proe, kontak hulle by 027 213 2377 of www.teubeswines.co.za.

Namaqua-wynkelder
Namaqua-wynkelder is bekend vir hul restaurant en wynproelokaal, Die Keldery. Die restaurant is bekend vir lekker geregte en hul gasvryheid. Hulle bied ook ’n gratis wynproe aan en sjokolade en biltong wynparings teen R35. Indien jy meer inligting oor Namaqua-wynkelder benodig, kontak 027 213 3698 of besoek hul webwerf by www.namaquawines.com of www.diekeldery.com.

Maskam Brewing Company
MBC is bekend vir hul craft biere en vriendelikheid. Hulle spyskaart bied heerlike opsies en wyn en die restaurant het ’n gesellige atmosfeer. Maskam Brewing Company is geleë langs die R363 tussen Vredendal en Lutzville. Bespreek by 082 888 0119 of maree@maskambrewing.co.za.

Fryer’s Cove
Fryer’s Cove is geleë in die vissersdorpie, Doringbaai. Hier word die lekkerste witwyne gemaak. Hulle bied ook ’n verskeidenheid disse op hul spyskaart. Indien jy wyn wil koop, of die wynlokaal wil besoek, stuur ’n e-pos na cellar@fryerscove.co.za of besoek hul webwerf by www.fryerscove.co.za.

Rosslo-kelder
Dié kelder is bekend vir hul eksklusiewe wyne wat op kleinskaal gemaak. Dit is ook by hul gastehuis beskikbaar. Vir besprekings, kontak Rosslo-kelder by 027 213 2243.

Cape Rock-wyne
Hier word ’n verskeidenheid rooi- en witwyne aangebied. As jy belangstel om die kelder te besoek, kontak 027 213 2567 vir meer inligting.

Seal Breeze-kelders
Die kelder op Lutzville, is bekend vir hul handgemaakte wyn. Vir meer inligting oor dié eksklusiewe wyne, kontak die kelder by 027 217 1458.

Bellpost-kelder
Bellpost-kelder is tussen Vredendal en Lutzville en bied ’n verskeidenheid wyne soos Merlot, Shiraz en vele ander. As jy die kelder wil besoek, of vir meer inligting benodig, kontak 027 213 2562 of stuur ’n e-pos na bellpost@starmail.co.za.

Lutzville Wingerde
Hier word ’n verskeidenheid rooi- en witwyne gemaak, wat jy op die perseel kan geniet of kan koop. Vir meer inligting oor hul wyne, kontak Lutzville Wingerde by 027 217 2377 of stuur ’n e-pos na info@lutzvillevineyards.com.

Besoek hierdie kelders oor die naweek of tydens die blomme seisoen. Dit is beslis die moeite werd en iets om na uit te sien.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?