Besoek die Namakwa-roete

Namakwaland in een van die mooiste streke wat jy kan besoek. Die Namakwa-roete is geleë in die Noord-Kaapprovinsie van Suid-Afrika en strek van die Weskus tot by die Kamiesberg-bergreeks oos van Kamieskroon. Die roete is deel van die groter Namakwa-streek.

Redes om te besoek:
Die roete het baie te bied in die rigting van aktiwiteite en ontspanning en maak voorsiening vir reisigers wat op soek is na beide. Natuurlik is die lenteblomme ʼn gewilde trekkaart vir baie besoekers. Jy kan ook verskillende stap- en bergfietsroetes kry. Jy kan ook Kookfontein-chalets besoek en lekker ontspan of Namakwa Nasionale Park besoek. Adrenalien-junkies sal die talle 4×4 roetes geniet, en kan tradisionele kos in ʼn Kamiesberg-kookskerm saam met die plaaslike inwoners proe.

Die Weskus bied wonderlike kampeergeleenthede en gedurende die jaarlikse seisoen kan ervare duikers ʼn oorvloed van kreef inbring om te braai. Hengel is goed in hierdie deel van die wêreld, asook voëlkyk, terwyl diegene wat ontspan, hul voete kan laat rus met ʼn boek en ʼn

koel seebries.

Jy kan ook die volgende restaurante besoek:

Toeka tot Nou

Sea Green Fresh Produce

Rooi Spinnekop Restaurant

Crazy Crayfish Diner

The Shack

Kleinzee Café

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?