Besoek die Muis Huis op Vanrhynsdorp

Enige tyd wat jy in of naby Vanrhynsdorp kom, is ʼn besoek aan die Muis Huis ʼn absolute moet. Die pragtige koffie- en geskenkwinkel het ʼn warm verwelkomende atmosfeer wat jou nooi om oor ʼn maaltyd of met ʼn verfrissende drankie te ontspan.

Jou ervaring word versterk deur die gemaklike en snoesige binnenshuise restaurant. En as jy net ʼn rustige hoek wil hê en die buitelug verkies is daar ’n rustige tuin waar jy die ontspanne, tipiese Namakwaland-omgewing kan geniet.

Die spyskaart spog met plaaslike kookkuns en daar word voorsiening gemaak vir ontbyt, tee en middagete en dit kan ook voorberei word vir wegneemetes. Daar is ook ʼn verskeidenheid watertand-koeke en lekkernye wat aangebied word vir die soettand.

Die Muis Huis is oop van Maandag tot Vrydag 09:00 tot 16:00 en Saterdae en openbare vakansiedae van 09:00 – 13:00.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?