Besoek Clanwilliam

Clanwilliam is ʼn mooi dorp in die Olifantsriviervallei met baie interessante besienswaardighede en ’n ryk geskiedenis. Die dorp is die sewende oudste dorp in Suid-Afrika en spog ook met historiese monumente. As jy Clanwilliam besoek, maak seker jy maak ʼn draai by die volgende plekke:

Yellow Aloe-gastehuis:

Hier kan jy ʼn lekker koffie geniet op die gastehuis se breë stoep tussen vetplantjies wat in emaljekomme geplant is.

Veldskoendraai-padstal en -restaurant:

Die plek is bekend vir die varsgebakte brood en hul tuisgemaakte produkte, so maak seker jy maak ʼn draai.

Rooibos-fabriek:

As jy ʼn rooibos-liefhebber is, moet jy ʼn draai maak by die fabriek, want hier sal jy egte produkte van rooibos vind en jy kan ook van die heerlike tee proe.

Netmar-teehuis:

Dit is die enigste teehuis wat 100 gegeurde asook gemengde rooibosteesoorte aanbied. Jy kan ook van die tee koop en proe asook ander produkte.

Ou Tronk museum:

Hier kan jy meer uitvind oor die dorp se geskiedenis. Hier is ook uitstallings wat deel uitmaak van die museum.

Hier is nog vele plekke op Clanwilliam wat jy kan besoek. Vir meer inligting oor verblyf en aktiwiteite, kontak die Clanwilliam-toerisme kantoor by 027 482 2024.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?