Beskerm jou kopvel hierdie somer

Somer.
Somer lywe. Vlugbal op die strand. Roomys. Romanse.
Somer word oor die algemeen met sorgvrye, gelukkige herinneringe en waarom nie? Hierdie somer-vooruitsig is van kleins af ingeplant tydens lang somervakansies. Ons is egter geneig om van die vuurwarm teer, gras in die hare en sonbrandmiddel te vergeet.

Ons beskerm onsself met sonbrille vir ons oë, sonroom vir ons gesigte, UV-teenkanting in ons klere, maar wat van ons hare?

“Wat van ’n hoed?,” sal jy vra. Antwoord hierdie vraag: wanneer laas het jy met ’n hoed gaan swem, en as jy het, het jy seker gemaak dat dit UV beskerming bied?
So gedink.

“Baie mense verwaarloos hulle hare en kopvel tydens die vakansie. Die son kan werklik skade op hierdie sensitiewe area berokken,” sê Bernhard Arnold, stigter van Hair Genie South Africa.
Droë hare en ’n kopvel wat vervel is nie jou enigste probleme nie. Jou kopvel is vatbaar vir sonbrand en nog erger, kanker. Ongeveer driemiljoen mense word jaarliks deur velkanker beïnvloed. Kopvel- en nekmelanome is bykans twee keer meer dodelik as enige ander plek op die liggaam, volgens navorsing van die Universiteit van Noord Carolina.

Sê nee vir UV-aanslae:
Dra ’n hoed
Ja, dit moes genoem word. Maak seker jou hoed het ’n goeie SPF-gradering van 40+ en dat dit jou hele kop bedek. Dra ’n breë hoed vir ekstra punte.

Gebruik haarprodukte met SPF
Sonbrandmiddels vir jou hare is ’n ding. UV-filtreerder produkte verskaf ’n beskermde laag tussen jou kopvel en UV-strale, wat ook jou haarkleur beskerm.

Vermy te veel was en sulfaatsjampoe
Om jou hare te veel te was kan jou hare ernstig uitdroog, terwyl sulfaatsjampoe die kans om te brand verhoog. Probeer om jou hare elke derde dag te was, of vervang jou sjampoe met ’n DIY rou eier en heuning behandeling.

Drink water
Drink baie water om jou vel te help beskerm.

Stop die sout en chloor aanval:

Versadig jou hare
Jou hare is soos ’n spons. Hoe meer vars water jy daarin het hoe minder chloor en sout sal daarin vassit.

Spoel af en gebruik conditioner
Sodra jy klaar in die water is, spoel jou hare af en behandel dit met ’n sagte, proteïen-gelaaide sjampoe.

Dra ’n swemkappie
As jy van plan is om ’n geruime tyd in sout of chloorwater te spandeer, oorweeg ’n swemkappie.
Dun hare, wees gewaarsku

Enigiemand wat dun, fyn hare of ’n afnemende haarlyn het, moet baie versigtig in die son wees, aangesien hul kopvel meer aan die son blootgestel is.

’n Ander verleentheid is natuurlik wanneer jou kopvel wys onder jou hare in die skerp somer son. Skerper lig fokus meer aandag op afnemende haarlyne. Gebruik Toppik Hair Building Fibers om daardie skaarser areas te vermom. Moenie bekommer nie – Fiberhold Spray is wind-, reën- en sweetbestand.

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog nuus en artikels, besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?