Besige naweek vir plaaslike sokkerliga

Die plaaslike sokkerliga het ’n bedrywige naweek wat voorlê en talle spanne gaan meeding. Die sokkerliga het al verskeie toernooie agter die rug maar hierdie een gaan beslis die grootste een wees.

Die toernooi vind eerskomende Saterdag plaas en daar gaan spanne van oral in die streek – van Koekenaap, Lutzville, Vredendal, Clanwilliam en Vanryhnsdorp – speel. Die toernooi begin om agtuur die oggend.

Die spanne gaan in vier groepe opgedeel word en daar gaan meegeding word vir ’n plek in die kwarteindstryd. Daarna speel hulle vir ’n plek in die eindstryd. Ons wens die spanne baie sterkte toe, mag die beste span wen!

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?