Bekroonde skrywer se nuwe TV-reeks binnekort op die kassie

Nuwe Afrikaanse reeks deur die bekroonde skrywer, Paul C Venter, is eersdaags op die kassie te sien. Dié reeks volg na die sukses van Vlug Na Egipte en Terug Na Egipte, die skrywer se vorige TV-reekse.

Paul C Venter se nuwe reeks, Knapsekêrels, bestaan uit 13 uurlange weeklikse episodes.
Knapsekêrels vertel die storie van vier huisgesinne – die Bekkers, die Zimmermans, die Davidse en die Fortuins – wat mekaar noodgedwonge beter leer ken wanneer ’n lid van elke gesin betrokke raak by ’n jaagtog om oorlewing en ’n bestaansreg in Johannesburg vandag.
Elke karakter stel sy eie geheime agenda voorop, en kort voor lank breek daar as’t ware ’n mini oorlog uit.

Op die kritieke mespunt tussen dit wat reg en verkeerd is, daar waar liefde verander in haat en waar lig en donker mekaar ontmoet, speel die gevaarlike skaduwêreld van Knapsekêrels hom af. Armand Aucamp, Dawid Minnaar, Christia Visser, Marissa Drummond en Terrence Bridgett is van die akteurs wat in dié reeks te sien is.

Knapsekêrels skop op 9 Januarie 2018 op kykNET (DStv-kanaal 144) af!

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog nuus besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?