Bejaardes geniet Amerikaanse teefunksie

Vredendal se tehuis van bejaardes het op Donderdag, 20 April, hul maandelikse teefunksie gehad. Dit het ’n Amerikaanse tema gehad en die tafels is gedek en versier met Amerikaanse vlae en met blou en rooi bykomstighede om die vertrek ’n Amerikaanse gevoel te gee.

Die kos was weer eens ’n wenner. Die inwoners van het dit verskriklik baie geniet en dit was lekker gesellig om die tafels. Vredendal se tehuis van bejaardes wil baie dankie sê aan Joretha en haar span wat die dag so spesiaal gemaak het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?