Bejaardes berei voor vir Golden Games

Die bejaardes van Karoovlakte, Kapel, Spruitdrift en Bo-Draaihoek in die Matzikama-streek gaan op Donderdag, 27 Julie, om 04:00 na Piketberg reis om deel te neem aan die Golden Games wat op Piketberg gaan plaasvind.

Volgens Donivan Johnson, ʼn leerder van die LGO-kantoor op Vredendal, is daar al vir die afgelope tyd bejaardes genader om hul voor te berei en om ook deel te neem aan die Golden Games. Die Vredendal-kantoor van landbou-gemeenskapsontwikkeling, in samewerking met Patrick Cornett van die Weskus-distriksmunisipaliteit, het op Dinsdag, 13 Junie, ʼn oefenkamp vir 24 bejaardes aangebied.

“Hulle moet sestig-jaar en ouer wees om deel te neem en met die hulp van die Weskus-distrikmunisipaliteit het ons twee oefensessies met die bejaardes gehad en ons het daarin geslaag om spanne te kies wat ons by die Golden Games-spele gaan verteenwoordig,” sê Johnson.

Johnson voeg ook by dat die bejaardes in sewe van die speletjies gaan meeding en dat hulle baie opgewonde is om deel te wees van die kompetisie.

Die opening van die Golden Games is om 08:00 en die spele begin om 09:30.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?