Begrotingwenke vir jou troudag

’n Troue is ’n belangrike en spesiale geleentheid wat intensiewe voorbereiding verg. Daar is ’n magdom reëlings wat die voornemende bruid moet tref, maar dis baie belangrik om dit binne die beskikbare begroting te doen. Hieronder volg ’n paar basiese riglyne om jou te help.

Begroting:

Probeer so ver moontlik vooraf bepaal hoeveel geld vir die beskikbaar gaan wees. Verdeel die fondse in kategorieë. Dit sal jou voorsien van ’n raamwerk waarbinne jy jou soektog na lokale, verskaffers ens kan begin. Dit is baie belangrik dat daar duidelikheid is oor wie wat gaan betaal.

Troudatum:

Doen deeglik navorsing oor die koste van die trouvenue gedurende die verskillende seisoene. Venues is dikwels gedurende die wintersmaande goedkoper as in die somersmaande.

Aantal gaste:

Die aantal gaste wat genooi gaan word speel ’n belangrike rol in die koste van die troue. Maak ’n gastelys en verdeel die gaste in kategorieë van familie en vriende. Rangskik hulle van belangrikste tot minder belangrik. Betrek jou ouers en skoonouers ook hierby om ’n idee te kry van hoeveel gaste jy moontlik sal moet nooi. Bereken ook of die geld wat vir die onthaal beskikbaar is, voldoende sal wees.

Droomtema:

Van watter soort troue droom jy? ’n Naweek-troue in die bosveld of ’n troue in die stad? Wil jy dinge minimalisties hou met ’n moderne element, of sou jy ’n plattelandse gevoel kies. Die tema sal natuurlik ’n rol speel in jou keuse van ’n venue en dekor, en dus ook in die koste van die dekor.

Navorsing:

Begin by die venue. Tydskrifte en die internet sal vir jou ’n goeie idee gee van wat beskikbaar is. Soek na venues wat by jou tema sal pas en vergelyk hulle met mekaar. Kontak hulle en vra vir pakkette wat hul aanbied en die koste van verskillende pakkette. Vind uit of hulle hul eie verskaffers aanstel – dit behoort eenvoudig te wees, aangesien hulle oor die algemeen standaardpakkette aanbied.

Kostes:

Maak ’n lys van al die uitgawes wat jy sal moet aangaan en die bereken die totale bedrag. Vergelyk dit nou met die beskikbare bedrag. Maak weer eens seker dat al die betrokke partye weet wie vir wat gaan betaal en hoeveel dit sal kos. Maak seker dat almal goed ingelig is sodat iemand nie op ’n ongemaklike tyd onkant gevang word nie.

Prioriteite:

’n Mens se drome is soms te groot vir die werklikheid. As jy dus besef dat jy nie alles kan hê waarvan jy gedroom het nie, moet jy goed nadink oor wat vir jou die belangrikste is. Besluit wat weggelaat kan word en bereken weer die koste wat oorbly om te sien of dit beter by jou begroting pas.

Werklikheid:

Sommige verskaffers is voltyds in hul beroep, terwyl ander dit net deeltyds beoefen. Doen navorsing en kies ’n verskaffer met ’n goeie reputasie. Stel jou versoek op skrif en maak seker dat die verskaffer verstaan wat jy wil hê. Sorg dan dat jy ’n skriftelike kwotasie kry wat die koste duidelik uitspel. Daar is vir elke bruidspaar ’n geskikte verskaffer, maar julle sal moet soek totdat julle iemand vind wat julle gemaklik laat voel en bereid is om binne jul begroting te werk om ’n suksesvolle geleentheid te verseker.

Die hulp van ’n troubeplanner is baie waardevol. Hulle deel graag hul ervaring en kennis van troues met bruide om die reëlings voor en op die dag van die troue makliker te maak en te sorg dat elke bruid se droomtroue binne haar begroting ’n werklikheid word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?