Aurora sit die Trawalians ore aan

Op Saterdag, 8 Julie, het die manne van Trawalians na Aurora gereis om kragte te meet teen Aurora se rugbyspanne op hul sportterrein.

Die Trawalians het egter albei wedstryde verloor. Die A-span van Aurora het Trawalians met 21-14 geklop. Die puntemakers van Trawalians se A-span was Haynewill Nansie en Jean-Pierre Tieties en het een drie elk gedruk. Winslow Peer het gesorg vir die stelskoppe.

Die B-span van Trawalians het ook hul wedstryd teen Aurora verloor. Die eindtelling was 29-0.

Die manne van Trawalians het hard probeer en het hul bes gegee, maar aan die einde van die dag kon daar net een wenner wees.

Bron: Willy Abrahams, Trawalians-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?