ATKV-Rieldanskompetisie se wenners aangewys

Vinnige voete, lekker danspassies, kleurvolle uitrustings en stof wat spat. Op Saterdag, 2 Desember het die finale ATKV-Rieldanskompetisie by die Afrikaanse Taalmonument-amfiteater in die Paarl plaasgevind.

Meer as 4000 persone het hierdie besonderse geleentheid bygewoon en die beste stofmakers is tydens die kompetisie gekroon.

Volgens Benjamin Bock, bestuurder van die ATKV-Erfenisprojekte, het die rieldans-kompetisie geskiedenis gemaak tydens die geleentheid.

“Die ATKV-Rieldansfinaal 2017 was weer een vir die boeke. Die gehoor is op ’n reis geneem en die Rieldans-groepe het nie teleur gestel nie,” sê Bock.

“Die Griekwa Knersvlate-rieldansers van Vredendal het tydens die kompetisie uitgeblink. Hulle het die beker vir die Beste Rieldansgroep in die junior onder 20 gewen. Die vorige wenners van Vredendal, Die Griekwa Hiënas (junior onder 14 van 2016), moes hul beker afgee,” voeg Bock by.

Die wenners in verskillende kategorieë is as volg:

Die beste Rieldansers van 2017 is:

Beste vroulike danser o.14: Elvona Duiker van die G.B. Batt-Stofskoppers
Beste manlike danser o.14: Jean-Pierre Minaar van die G.B. Batt-Stofskoppers
Beste vroulike danser o.20: Luwandri Schrader van die Brandvlei-Stofskoppers
Beste manlike danser o.20: Alberto Booysen van die Griekwa-Knersvlakterieldansers
Beste vroulike danser in die senior afdeling: Catherine Ockhuys van die Boesmanland-Bitterbessies
Beste manlike in die senior afdeling: Warren Witbooi van die Boesmanland-Bitterbessies

Die wenners in die musiekafdeling

Beste liedjie: Karoneshia Nel van die Uitsig-Stoftrappers
Beste musikant: Gertruida Lombaard van die Boesmanland-Bitterbessies
Beste kitaarspeler: Danie Hanse van die Calvinia-Sitstappers

Die rieldanspersoonlikhede:

Mej. Rieldanspersoonlikheid (junior): Anisha Kotzé van die Betjies van Betjiesfontein
Mnr. Rieldanspersoonlikheid (junior): Keanwill van Wiellig van die G.B. Batt-Stofskoppers
Mej. Rieldanspersoonlikheid (senior): Gertruida Mars van die Witzenberg-Rieldansers
Mnr. Rieldanspersoonlikheid (senior): Bernard Fisher van die Calvinia Sitstappers 2

Die trofeëwenners in die onderskeie afdelings:

Elkeen van hierdie spanne het ’n trofee gekry vir hul deelname.

Junior Rieldansers, o.14:

Eerste plek: G.B Batt-Stofskoppers
Tweede plek: Griekwa-Hiënas
Derde plek: Betjies-Rooistomprieldansers
Vierde plek: Uitsig-Stoftrappers
Junior Rieldansers, o.20:
Eerste plek: Griekwa-Knersvlakterieldansers
Tweede plek: Betjies van Betjiesfontein
Derde plek: Brandvlei-Stofskoppers
Vierde plek: Calvinia-Sitstappers

Senior Rieldansers:

Eerste plek: Boesmanland-Bitterbessies
Tweede plek: Calvinia-Sitstappers 2
Derde plek: Betjies-Rooirotsrieldansers
Vierde plek: Witzenberg-rieldansers

“Dit was beslis ’n dag gewees wat niemand sal vergeet nie en die dansers het beslis stop getrap en hul bes gegee tydens die kompetisie,” sê Bock

      

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?