Aldam Vleisbeesskool bemagtig veeboere

Deelname aan die rooivleis-waardeketting deur middel van verbeterde bestuurspraktyke. Dit is die tema van vanjaar se Aldam Vleisbeesskool wat van 18 tot 20 Oktober by Aldam naby Ventersburg in die Vrystaat aangebied word.

 

“Hoe meer ’n mens met vleisbeesboere praat, hoe duideliker word dit dat diegene wat die Aldam Veeskool gereeld bywoon, op ’n heel ander vlak as ander boere in Suider-Afrika is danksy die kennis wat hulle van moderne boerderymetodes inwin. Vanjaar se tema – Deelname aan die rooivleiswaardeketting deur middel van verbeterde bestuurspraktyke – gaan kursusgangers nóg meer bemagtig,” sê dr. Michael Bradfield van Breedplan, organiseerder van die skool.

 

Wat die Aldam Vleisbeesskool uitsonderlik maak, sê dr. Bradfield, is die 19 internasionale gassprekers en bedryfskundiges wat optree, maar ook die waarde wat toegevoeg word deur internasionale gaste. So is dr. Roger Hunsley van Amerika byvoorbeeld onlangs in die VSA se Cattleman’s Hall of Fame opgeneem. Dr. Hunsley het na aanleiding van die Aldam Vleisbeesskool soortgelyke vleisbeesskole in Australië, Ierland, Kanada, Suid-Amerika en die VSA begin.

 

Die sprekers vanjaar is Pierre Vlok van BKB; Don Sciefelbein, beesboer van die VSA; Martin Seyfferdt, bekend interrasbeoordelaar; dr. Vlok Ferreira, nasionale tegniese bestuurder van RCL Foods; Arthur de Villiers van Arcadia Bonsmaras; Johan Mouton van Molatek; Llewellyn Angus, beesteler en lewenslange erepresident van die LRF (Livestock Registering Federation); Mecki Schneider, Landbouweekblad/BREEDPLAN Seedstock Producer of the Year in 2007 en Namibiese meesterboer in 2000; prof. Azwihangwisi Maiwashe van die Landbounavorsingsraad (LNR); prof. Kevin Kirkman, dekaan van navorsing aan die Kollege vir Landbou, Ingenieurswese en Wetenskap van die Universiteit van Kwazulu-Natal; prof. Ben Hayes van die sentrum vir dierewetenskap by die Queensland Alliansie vir Landbou en Voedselinnovasie in Australië; Jason Strong, uitvoerende hoof van die Australian Agricultural Company; dr. John Purchase, uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer (Agbiz); Koos van der Ryst, nasionale voorsitter van die RPO; Aggrey Mahanjana, groep-besturende direkteur van Nerpo en sekretaris-generaal van Afasa; Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick Groep en dr. Buks Olivier, afgetrede landbounavorser in die Wes-Kaap.

 

Berig deur AgriOrbit

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?