Aksies om die Afrino-ras te bevorder

Die Afrino Skaaptelersgenootskap het vroeër dié maand ’n baie geslaagde inligtingsdag op die Klerefontein-proefplaas buite Carnarvon aangebied.

Volgens die president van die telersgenootskap, George Stegman, het hulle besluit om sulke dae in die streke waar die Afrino meer voorkom, te hou om die ras te bevorder.

Dr. Willem Olivier van Grootfontein Landboukollege is al ’n geruime tyd betrokke by Klerefontein se Afrinostoet. Hy het belangrike inligting gedeel oor die vordering wat dié stoet oor die jare met prestasietoetsing kon maak. Arno van Graan van die Landbounavorsingsraad het beklemtoon hoe noodsaaklik prestasietoetsing vir sulke vordering is.

Belangrike eienskappe van die Afrino-ras is tydens ’n gespreksessie bespreek. Dit sluit in hoë vrugbaarheid, baie goeie loopvermoë, gehardheid in ekstensiewe gebiede, uitstekende moedereienskappe en goeie aanwending vir kruisteling. – NWKV

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?