Aartappel-, kaas- en spek-sop

Vandag se maksimum temperatuur is slegs 25 grade, so dit is redelik koel en wat is beter as om ’n heerlike pot sop vir vanaand te maak wat geniet kan word saam met familie en vriende.

Bestanddele:
6 groot aartappels of 8 meduim aartappels, geskil en opgesny
1 pakkie wit uiesoppoeier
250 ml vars room
500 ml gerasperde cheddarkaas
1 E gekapte vars pietersielie of gedroogde pietersielie
250 g spek
Sout en peper na smaak

Metode:

Bedek aartappels met water, voeg sout by en kook tot sag.
Sny die spek op en braai tot bros maar nie droog nie. Hou eenkant.
Sodra die aartappels sag is, maak dit fyn in ’n voedselverwerker. Hou die water waarin aartappels gekook is.
Skep die fyn aartappels terug in die kookwater en meng die soppoeier met 1 K water.
Roer by aartappels en voeg 1 K kaas by, hou res van die kaas eenkant. Voeg nou die res van bestanddele by asook die spek en voeg meer water by indien nodig. Die sop moet lekker dik wees.
Geur met sout indien nodig en peper.
Verhit oor lae hitte vir 10 min. Voeg nog water by indien nodig.
Gooi van die gerasperde kaas onder in sopkommetjies en skep sop bo-op. Bedien saam met brood, broodrolletjies of vetkoek.

Bron: Elsie Slabbert – Watertandresepte vir oud en jonk

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?