10 wenke vir jou besigheid

Lees hier onder 10 wenke wat lei tot sukses.

Hou altyd aan leer
Moet nooit dink jy weet alles nie; daar is altyd iets nuuts wat jy kan ontdek. Mens kan elke dag iets nuuts by iemand leer. As jy onseker is oor ’n ding, doen navorsing daaroor en leer jouself ook iets nuut.

Vra altyd hoekom
Wees nuuskierig en vind uit. ’n Mens kry nie iets soos ’n dom vraag nie. Jy sal verbaas wees hoeveel mense bereid is om jou te help, sonder vergoeding! As jy nie vra nie sal jy nooit weet nie.

Leer uit ander se foute
Dis ’n goeie idee om ’n mentor te hê terwyl jy jonk is, iemand wat jou touwys kan maak en uit wie se ervaring jy lesse kan leer. Dis duur om moeilike lesse in die sakebedryf te leer; leer liewer uit ander se foute.

Jou houding bepaal alles
Moenie toelaat dat jou agtergrond of ander uitdagings ’n verskoning raak nie. Talle suksesvolle mense moes baie struikelblokke oorkom sodat hulle sukses kon behaal. Jou houding moet in die moeilikste dae positief wees en se altyd: Ja, ek kan!

Jy moet hard werk
Werk is nie kinderspeletjies nie; net harde werk sal jou beter as jou mededingers maak. Daar is geen plaasvervanger vir harde werk nie. “Hard work pays off.”

Ken jou waardes
Maak seker jou optrede getuig daarvan dat jy betroubaar, eerlik en fluks is. En wees altyd betyds! Die wêreld gaan nie wag tot jy jou sokkies opgetrek het nie. Bewys aan jouself en aan ander dat jy hardwerkend is en jy sal die vrugte daarvan pluk!

Wees ekonomies
Moenie onnodig geld uitgee nie, veral wanneer jy ’n nuwe onderneming begin. Pasop vir lenings en skuld. Geld bespaar sal jou dissipline leer.

Kommunikeer
Praat met mense en prys hulle vir goeie werk. Mense geniet dit om met ander te werk wat hul behoeftes duidelik kommunikeer en hul harde werk raaksien.

Beoefen verskeidenheid
Almal hou van mense wat nes hulle dink, maar dis belangrik dat ’n mens na meer as een mening luister. Jy sal nooit al die antwoorde hê nie. Dalk kan iemand met ’n ander mening ’n interessante oplossing bedink.

Bou verhoudings
Om ’n suksesvolle besigheid te bestuur moet jy mense hê wat jy kan vertrou om die werk te doen. Sake gaan nie oor geld of bankstate nie; dit gaan oor verhoudings. As jy ’n goeie verhouding het met die mense waarmee jy werk, sal hulle bereid wees om hard te werk.

Bron – Huisgenoot.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?